Red-Button.png

Red Digital Cinema

New Machine Film Productions is a proud user of Red Digital Camera technology. Find out more about our special packages in our services menu.

Blog

Tien vrae aan Albert Pretorius

Posted by JacoJansen on December 13, 2016

Albert Pretorius het die rol van Fanus Niemand vertolk in die kortfilm "Kolskoot".
Hy het ook die toekenning vir beste akteur ontvang by die 2016 Silwerskermfees vir sy rol in "Johnny is nie dood nie". 

Waar kom jy vandaan?
Ek is van 'n klein dorp in Mpumalanga met die naam Volksrust. Ek het daar op 'n plaas groot geword en toe op 15 Pretoria toe getrek en woon tans in Kaapstad vir amper 10 jaar.

Wat was jou eerste groot gig/ deurbraak?
Teater gewys was my eerste deurbraak 'n stuk wat ek en twee pelle saam gemaak het "...miskien" wat toe ook in Australie en Holland gespeel het. Op TV was my eerste gig Binneland Sub Judice.

Hoe verskil jou benadering tot teater van jou benadering tot film, en wat verkies jy?
Die benadering hang nie net af van teater vs film nie maar ook van projek tot projek. Ek vind wel wat belangrik is is dat enige karakter, teater of film, albei uit 'n plek van eerlikheid kom, dit moet iets in my roer wat ek kan verstaan, 'n essence waarmee ek kan werk. Ek is 'n akteur, ek verkies nie een bo die ander nie, ek wil net speel. Albei het positiewe en negatiewe. En meesal gaan dit oor die projek en die mense wat maak of dit lekker is of nie, werk of nie.

Wie/wat inspireer jou en hoekom?/Wie het ‘n groot professionele invloed op jou?
Mense wat passievol is en met 'n eerlikheid omgaan inspireer my. Mense wat nie die obvious speel nie, maar eerder die oomblik en hulself en kyker verras. James Gandolfini. Philip S Hoffman.

Wat dink jy is die sleutel-bestandeel vir plaaslike rolprente? 
Ek weet nie. As ek geweet het was ek dalk ryk.

“KOLSKOOT” het baie van sy snaakse oomblikke te danke aan ietwat geimproviseerde spel. Hoe belangrik dink jy is die ruimte vir improvisasie veral binne ‘n komedie? 

Ek dink 'n gesprek is altyd belangrik en pogings om te kyk waarheen iets kan beweeg. Daar is niks verkeerd met net skiet wat op die bladsy staan nie, ek dink net in daardie oomblik wat mens moet vasvang moet mens kennis neem van wat daar is in daardie spasie, die chemistry tussen karakters en kyk wat gebeur. Baie van Kolskoot was direk uit teks geskiet en dit werk. Soms het 'n stukkie improv iets anders gebring en dan kyk mens wat die scene nodig het. Ek dink Amerikaners improv te veel in hul komedies deesdae wat afgewater raak terwyl iets soos The Office omtrent woord vir woord soos dit geskryf is geskiet is. Ek dink mens moet sien wat in daardie oomblik gebeur.

Wat is die belangrikste, formele opleiding of praktiese ervaring? 
Niemand kan jou leer act nie. Mens kan tegniek aanleer en teorie en stemwerk, maar geen mens kan vir jou vertel dis hoe mens act en dis hoe nie. Ek is baie dankbaar vir my formele opleiding. Maar ek ken ook goeie akteurs wat nie opgelei is nie. Ek dink wel formele opleiding maak mens oop vir sekere dinge oor mens in 'n omgewing van kreatiwiteit verkeer en geskaaf word deur mentors en klasmaats en forseer word om met tekste te werk wat jou uitdaag.

Wat moes jy op die harde manier leer?/ Wat is die beste raad wat jy nog ontvang het?
Dis okay om foute te maak. 

Wat sou jy graag wou leer doen en hoekom?
Ek sou graag 'n kitaar soos 'n meester wou tokkel. Ek dink iemand wat 'n kitaar behoorlik laat kreun kom baie naby aan die hoogste vorm van ekstase. En ek sou meer van karre wou weet. Ek dink ek het al vir n paar waterpompe betaal as dit net 'n los fuse was.

As jy nie ‘n akteur was nie, wat sou jy wees?
'n Kakker mens.